Tuisblad - Siele Op Wiele

Go to content

Main menu:

Siele Op Wiele Bekendstelling

Die jaar gaan bekend staan as, Die Jaar van die Lorrie. Ons moet nog net ons Chinese vriende oortuig dit klink net so goed soos hulle hoender en slang idee.

Welkom op ons webtuiste. Eintlik wil ons dit meer soos 'n weeklblad bestuur, maw ons wil elke week nuwe nuus oplaai en dit gaan mos nou alles wees rakende die pad en die verwikkelinge rondom dit.

Miskien kan ons bietjie met die Siele gesels en stories plaas oor veraf plekke en gebeurtenisse.

Die belangrikste om te verstaan omtrent ons weekblad is dat ons onse taal praat, die een van die pad, soos ons hom praat en dus verstaan.

Geniet dit saam met ons en deel in ons hartseer en vreugde.

Welkom
Waarom brand die pad?
Oral waar ons kom raak dit onveilig. Die redes is legio, en die oplossing, wel huidiglik buite ons beheer.
Die tyd het aangebreek dat ons onse rugge styf maak en sê 'genoeg is genoeg'. Nie meer nie, elke week word van ons kollegas aangeval, beroof en in sommige gevalle vir dood agtergelaat. Ons wil net geniet wat ons doen, om 'n diens te lewer aan iedere en elk in ons mooie land. Ons maak 'n direkte oproep op die publiek en mense wat ons goedgesing is om ons by te staan in die identifisering van plekke waar dit onveilig geraak het.

Siele Op Wiele bied die geleentheid aan Siele Op Wiele asook ander persone om op ons besprekingsforum te registreer en jou stem dik te maak.
Gebruik 'n Nic (jou forumnaam, nie jou eie) om te registreer en skep vir jou 'n wagwoord. Voltooi die res van die vorm en registreer!
Jy kan oor enige ding onder son gesels, solank dit oor vragmotors gaan natuurlik, en jou wedervaringe deel.
Daar is geleentheid vir Siele Op Wiele om mekaar by te staan met advies ens. Hou dit net skoon, ons almal het onder begin ;-)
Siele Op Wiele ondersteun Radio Sonder Grense
Maandae op Radio Sonder Grense tussen 23h00 en 24h00
Bel in en neem deel, vertel waar jy is en wat jy maak...
Webtuiste    Luister  SMS 45770 R1.50 per SMS   Skakel Ateljee 089 110 4553
SMS verkeersprobleme of opgeloste probleme na 45770, begin met die woord verkeer, bv:
verkeer daar staan 'n stukkende voertuig op die R21 by One Stop
Tarpaulin Factory Oos Londen
Nuwe seile en tautlinergordyne volgens spesifikasie.
Benodig jy nood herstelwerk aan jou seile of die tautliner se gordyne in Oos Londen.

Kontak Wesley de Kock 072 843 1726
Siele Op Wiele 2017 Alle Regte Voorbehou
Back to content | Back to main menu